
PhD in
PhD in Afrikaans University of Johannesburg

Invoering
In die nagraadse programme in Afrikaans (Honneurs, Meestersgraad en Doktorsgraad) word die menslike bestaan ondersoek deur te kyk na die simbole, mites, metafore en tekste wat die menslike bestaan medieer. Soos in al die ander geesteswetenskappe is begrip van die menslike bestaan die doel. In die vak Afrikaans is taal en tekste die middelle tot hierdie doel.
Om die mens en die manier waarop die mens die wêreld verstaan, te ondersoek, word die taal wat die mens gebruik om uitdrukking te gee aan hierdie wêreld, om sin te gee aan sigself en aan die wêreld waarin hy/sy leef, bestudeer.
Die doktorsgraad behels ‘n proefskrif oor ‘n goekgekeurde tema in die taal- of letterkunde, onder leiding van een van die Departementslede.